Ons moet beter doen , ons kan

Ek sien die laaste ruk so baie wat glo in “pakslae is goed, ons het ok uitgedraai” “dit het ons nie doodgemaak nie”

Eerstens, ons het, gelukkig. Maar weet jy, dat kinders tog sterf, van pakslae? Ja ‘n pappa of mamma kon nie ophou slaan nie. Want kyk, hul het so groot geword. Dis mos al hoe jy n kind kan reg ruk “moer hom”

Want dis nie wat geweld begin nie nê🤷🏻‍♀️😑

Nou kyk, JY is darem gelukkig jou pappa of mamma of oupa of wie okal het nie te ver gegaan. JY IS gelukkig hul het hul perke geken. Party word letterlik DOOD geslaan. Jip DOOD GEMOER.

Wonder wat het dit reg geruk?

Geweld kom van kleins af. GEEN kind is geweldadig gebore nie.

Dit is nie displine nie. Jy kan met my stry so veel jy wil.

My pa (stief) pa het my kamer toe gestuur en ek moes wag en dink aan wat het ek gedoen.

Het ek gedink wat het ek verkeerd gedoen? Nee. Ek het gebibber van FEAR want my pa HET HARD gemoer. Hy glo nie hy het nie. Maar vir my was dit seer. So ek het gesit en ek was vol vrees, ek het geweet wat kom. Boonop in daai dae, het hul nog geglo in slaan op kaal boude.

So verneerderend. Met my kaal boude, as n meisie, oor my pa se skoot. Ek was vernerderd. Dit was siek. Ek was bang vir my pa. Hom gehaat self. En myself. Oh ek het myself tot in die afgrond GEHAAT. Hoekom was almal so hard op my? Kon hul nie sien dit help nie. Dit maak my net seer. Eks nou net bang. Bang vir almal. Almal kan maar oor my loop. Ek is tog niks

Ek kan onthou hoe het ek gesuffer.

Ek kan onthou hoe ek in “trap after trap” geval het

My eerste verhouding- n porn addict. Eks mos niks. Wat beter kan ek tog kry.

My tweede- n alkolis. Ek was in diewering gegooi, met bottels gegooi. Ek was 19. Ek was verwar. Ek het geweet dit is nie liefde nie, ek het nog altyd gefight. Daar was fight in my nog altyd. Gelukkig. Die Here is lief vir my, wat kan ek sê.

Derde verhouding- a drug addict. Go figure. The worst probably. Ek kan onthou hoe hy vir MY gesê het eks fucked up en dit was die seerste uit alles, want ekt geglo ek is.

Ek was nie. Maar dwelms het my gekry. Im nothing. So it helped me feel even less.

Dankie tog dat die Here my so liefhet dat my blessing aan my gegee was dat ek my lewe kon regruk.

Sal ek my hande op die blessing lê- NOOIT. Want hoekom voel jy skuldig as jy jou kind geslaan het? Want dis verkeerd. Ek praat met my kind, ek vryf sy ruggie, ek gee afstand maar eks daar met my woorde. Ek is daar vir hom deur al sy emosies.

Soms het n kind n bad day of hul doen stoute goed, want hul soek bietjie hul ouer se aandag. Moenie hul slaan nie.

Tugtig is nie slaan nie. Die Here het wragtig nie bedoel jy moet jou kind slaan nie. Hy sal jou nie slaan nie. Dink so daaraan.

Die HERE SAL JOU, sy geliefde kind NOOIT slaan nie. Moet asb nie sy blessings slaan nie.

Dit help nie. Dit help regtig nie. Ek voel, soveel beter, as ek met Aiden gesels het en verduidelik het. Hy is maar net n kind. Hul leer alles by ons. Onthou dit 💜

Nou kyk, ek sê nie my pa was sleg nie, my pas was n great mens. Ek sê net, net omdat dit is wat hulle geleer het, beteken nie dis wat ons moet doen nie. Net omdat ons “ok” is of nie dood is van pakslae nie, beteken nie dis reg nie.

Vandag, het ek n wonderlike man en kind. Ek is ge eerd en ek het ok uitgedraai, maar dit was n helse pad hiernatoe. Kom ons leer uit die foute, kom ons doen beter.

Leave a comment